BAIE WELKOM

Hierdie tuiste is u woonplek. Maak uself tuis, maak nuwe vriende en geniet u verblyf. Hier is baie min reëls, behalwe dat u met dieselfde respek en hoflikheid teenoor u mede inwoners sal optree as wat u van hulle verwag.

Die Oord vorm deel van die Ned Geref Kerk in Namibië se versorgingsprogram, en maak tans voorsiening vir 145 inwoners waarvan 45 in die sorgeenheid versorg word. Inwoners het ‘n keuse tussen luukse woonstelle tot enkel kamers en voorsiening word waar moontlik, gemaak vir individuele behoeftes.
Die kombuis en eetsaal is goed toegerus met ‘n aangrensende lapa waar heerlik gekuier en selfs vleis gebraai word. Op 01 Oktober word Internasionale Dag vir Bejaardes gevier en dan is almal in die gemeenskap welkom om saam te kuier. Kyk gerus na ons inligting blad vir komitees ens.